Jo Black se tweede album stel nie teleur nie!

– CARINA BESTER.

Jo Black se nuwe album Voel jy die genade is vanjaar beskikbaar gestel en is, net soos sy debuutalbum, ’n treffer.

Die video van sy titelsnit Voel jy die genade is reeds meer as 400 000 keer op YouTube gekyk en is beslis in dieselfde klas as Skepe en Hoop.

Die liedjies op hierdie album inspireer en motiveer, soos die lirieke van Hand op jou bors:

“… jy kan nie gaan lê nie, tel jouself op, want daar’s soveel meer in hierdie lewe wat jy nog moet weet …”

Black se diep stem is van die begin af gewild onder Suid-Afrikaners en die weergawe wat hy van Leonard Cohen se Hallelujah gedoen het, is beslis treffend.

Buiten Voel jy die genade is elke snit op hierdie album ’n lekkerluisterlied en bewys Black weer eens waarom hy verlede jaar met sewe Ghoema-toekennings weggestap het. As jy nog nie na hierdie album geluister het of dit aangekoop het nie, doen dit gerus.

Bly op datum met wat Jo Black vandag doen. Besoek sy Facebook blad HIER.