Dapper Media het uit ’n droom ontstaan deur mense wat ’n liefde en passie vir Suid-Afrikaanse musiek en kunste het.  Ons wil seker maak dat elkeen ’n plekkie in die son het en ’n toekoms verseker deur ons hulp aan te bied.

Missie

Dapper Media skep geleenthede vir mense in die vermaaklikheidsbedryf en werk graag saam met ander instansies en maatskappye. Ons wil verseker dat kunstenaars en filmvervaardigers die nodige hulp kry om hul drome uit te leef – plaaslik sowel as internasionaal. Ons wil kunstenaars help om hoër hoogtes te bereik en hul talente aan die wêreld ten toon te stel.

Visie

Dapper Media fokus daarop om kunstenaars op enige wyse moontlik te help. Geleenthede sal gegun word om ’n gesonde spektrum van kunstenaars te skep. Dapper Media wil vir enigiemand ’n leerskool wees waar jou loopbaan nuwe hoogtes kan bereik en waar jy as persoon kan groei en deel van die vermaaklikheidsbedryf kan word.

As jy ’n lekker idee het of met iemand wil praat, kontak ons:

William Waugh

William Waugh

William is nie net die finansiële foendie van Dapper Media nie; hy is die meesterbrein en strateeg wat Dapper Media laat skitter.

Leomar van Schalkwyk

Leomar van Schalkwyk

Die grootmeneer. Leomar behartig die bemarking en webtuiste, en is fantasties om nuwe idees uit te dink. Hy is die “been there, done that”-ou.

Jeske van der Walt

Jeske van der Walt

Jeske is gesig agter die skerms; jy sien haar min, maar sy is ons superster. Sy hou die bal aan die rol.