Sang is soos die hartklop van die lewe. Musiek het die vermoë om ’n mens se hart te lig sodat jy weer met hoop kan lewe – en dit is belangrik dat Suid-Afrikaners hoor dat daar hoop is!

Dit was juis dié gedagte wat gelei het tot Hoop Ongegrendeld – ’n virtuele koorproduksie van Lig in Duisternis Produksies. Midde-in die inperking het ’n groep entoesiastiese gelowiges besluit om ’n boodskap van hoop deur koormusiek na Suid-Afrika uit te dra.

Nadine Blom, Rudi Muller, Elme Churr, Franzel de Wet, Alida Stoman, Melindie Pretorius, Babette Viljoen en Olga Leonard sing saam om dié boodskap uit te dra. Kooropnames word in die musiek ingemeng sodat ons as ’n groot gemeenskap saam sing. Ons musiekleier is Braam van Tonder.

Die wins uit dié produksie word deur gevestigde hulporganisasies aan Suid-Afrikaanse boere in droogtegeteisterde gebiede geskenk, asook aan ander hulpbehoewendes.

Die finale produksie word tussen 16 en 21 Desember uitsluitlik deur Dapper Media gestroom. Koop jou kaartjie nou!

Koop jou kaartjie só:

  • Kies jou konsert
  • Koop jou kaartjie
  • Plaas bestelling
  • Besigtig mandjie
  • Finaliseer bestelling

Tuiskonserte

Het jy vrae oor jou tuiskonsert? Lees hier:

Wat is Tuiskonserte?

Tydens die staat van inperking het die Solidariteit Beweging ’n sosiale verantwoordelikheid teenoor mense in die Afrikaanse kuns- en kultuurbedryf wat in die tydperk swaarkry en finansiële druk ervaar. Dapper Media se verantwoordelikheid lê by die Afrikaanse kunstenaars en sangers. Dit is ons doel om bewusmaking onder die Suid-Afrikaanse publiek te skep en kunstenaars op dié manier in hierdie tydperk te ondersteun. Fondse wat deur middel van kaartjieverkope ingevorder word, gaan direk aan die kunstenaar en platemaatskappy.      

Wanneer kry ek my skakel om die konsert te kyk?

Alle tuiskonserte is dadelik beskikbaar vanaf jy jou kaartjie gekoop het. As jy die konsert eerder op ‘n later stadium wil kyk (en nie dadelik wanneer jy dit koop nie) kan jy hierdie stappe volg:

 

  1. Gaan na www.dappermedia.co.za dan tuiskonserte en klik dan op die konsert wat jy gekoop het.
  2. Daar waar staan “Koop jou kaartjie” sal staan “kyk nou”
  3. Indien daar steeds staan “koop jou kaartjie”, klik regs bo op teken in
  4. As jy dan ingeteken is kan jy na die konsertblad gaan en dan sal daar dan “Kyk nou” staan
My bestelling wys steeds "processing", wat nou?

Die processing beteken slegs dat die konsert aktief op jou profiel beskikbaar is en nog nie verval het nie. Jy kan jou konsert kyk deur na die die konsertblad te gaan en op “kyk nou” te klik – maak seker jy is ingeteken

Ek het 'n tuiskonsert gekoop, maar dit wys nie meer op die webblad nie?

Sekere tuiskonserte is net vir ‘n bepaalde tyd beskikbaar, wanneer jy jou konsert koop moet jy seker maak dat jy dit kyk voor dit verval.

Appel: 3-8 Junie

Jo Black: 10-15 Junie

Pieter Koen: 17-22 Junie

Ek sukkel met betaling

Indien jy ‘n probleem met die betaal metode ervaar kan jy ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za stuur waar daar dan ‘n alternatiewe reëling gemaak sal word

Wanneer is my konsert beskikbaar om kyk?

Alle tuiskonserte is dadelik beskikbaar vanaf jy jou kaartjie gekoop het.

Waar kan ek my tuiskonsert geniet?

Alle tuiskonserte kan enige tyd, op enige slimtoestel geniet word.