Hoe bou ’n mens aan die toekoms van ’n industrie?

Dapper Media wil graag talent en die toekoms van die filmindustrie koester; ’n bymekaarkomplek vir kreatiewe idees wees; nuwe denkwyses ontwikkel en ’n groter en sterker netwerk uitbou. Sodoende kan ons verseker dat die talentpoel uitbrei en versterk. Dapper Media is jou ondersteuningsnetwerk.

Dapper Films

Byt & Buskruit

Eksklusief op Dapper Media.

Byt & Buskruit is ’n opwindende nuwe jag-en-visvangprogram, aangebied deur Adam Tas.

Hierdie eg Afrikaanse reeks bring vir jou smullekker resepte en oorspronklike kampvuurliedjies, en elke episode neem jou op ’n reis saam met Adam Tas en bekende vriende wat die wildernis aandurf.

Die Byt & Buskruit-reeks is nou beskikbaar. Volg Dapper Media se Facebook-blad om op hoogte te bly.

Kyk dit slegs op Dapper Media.

Kaalvoethelde

’n Produk van AfriForum en Loopgraaf Films, saam met Adam Tas en Meyer le Roux.

Kaalvoethelde is gebore uit ’n wens om die geskiedenis wat ons destyds op skool geleer het te herdenk. Kinders leer vandag nie meer van Jan van Riebeeck en Piet Retief nie; ook nie van die onbaatsugtigheid van Johan le Roux, die vreesloosheid van Marthinus Oosthuizen, die dapperheid van Wolraad Woltemade of die getrouheid van Dirkie Uys nie.

Kaalvoethelde is ’n reeks kortverhale oor kinderhelde soos Dirkie Uys en Japie Greyling, maar ons vertel ook die legendes van Racheltjie de Beer en Antjie Somers. Hierdie is die verhale wat vandag weer op situasies waarin ons jeug hulself bevind van toepassing kan wees: Om die klein dinge te doen, soos om jou broer soos Racheltjie de Beer te beskerm, of om jou ware karakter te wys en sterk te staan vir jou naastes, soos wat Japie Greyling gedoen het.

Mag die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly!