Byt & Buskruit.

Eksklusief op Dapper Media te sien.

Hoe kyk ek Byt & Buskruit?

So maklik as een-twee-drie:

  • Registreer.
  • Skep jou Dapper Media-profiel.
  • Skakel in en kyk Byt & Buskruit GRATIS!

Skakel vanaf Donderdag 5 September 2019 in en kyk elke Donderdag na ’n nuwe Byt & Buskruit-episode.

Wat is Byt &Buskruit?

In vandag se gejaagde lewe is dit al hoe duideliker dat daar ’n groot gaping tussen mens en natuur ontstaan het. Vandag se kinders moet die buitelewe, bosveld en natuur op hul slimfone en ander apparate probeer leer ken. Waar is die dae van stofvoete, klei-osse en stokbrood op die vuur …?

Kom ons wees ook maar eerlik met mekaar: Selfs die grootste wildjagter of avonturier sukkel deesdae om gehaltetyd in die natuur deur te bring.

Dis met dié hunkering en verlange na die viswaters en die jagveld dat die sanger Adam Tas, Forum Films en Dapper Media besluit het om ’n splinternuwe ervaring van die buiteluglewe na jóú te bring – en dis net ’n skerm ver.

Byt & Buskruit bied ses jag- en ses visvangepisodes en word deur Adam Tas self aangebied. Hy neem kykers en bekende gaste saam met hom na sowel plaaslike as internasionale bestemmings.

Die program is gratis beskikbaar en kan via die internet gestroom word – jy kan dit dus op enige slimtoestel kyk. Dit is ’n unieke ervaring wat jy nie sal wil misloop nie.

Spesiale dank aan ons borge en vennote:

Maroela Media
Pretoria FM
Helpende Hand- #HelpJag
Buffelsfontein Brandewyn
AfriForum
Solidariteit
Sol-Tech
Akademia
Saai
Wild en Jag
AfriForumJeug
De Goede Hoop

Sport Fisher
Johan Faber
Buisdoorens Safari’s
Airlink
Saint FM
Mantis Hotel
Sandveld Hunting Lodge
Shammah Game Lodge
Jozini Tiger Lodge and Spa
Elandskloof Trout Farm
Thaba Lesodi Game Ranch
Dream Hotels & Resorts

Spesiale dank gaan aan Adam Tas, ons gaste en die produksiespan wat saam met ons dié produksie moontlik gemaak het.