#HelpJanKan, ’n fondsinsameling vir behoeftige studente. #Kilimanjaro2019

Op 5 Desember 2019 stel ons die dokumentêr bekend wat wys hoe vier stappers oor ’n tydperk van ses dae ’n afstand van 78 km afgelê het.

Dié vier dapper vriende het in September 2019 besluit om Kilimanjaro uit te klim en só fondse in te samel vir behoeftige studente wat in De Goede Hoop-koshuis wil bly.

Nantes Kelder (De Goede Hoop se koshuisvader), Meyer Le Roux (De Goede Hoop se handelsmerkambassadeur), Elrich Yssel (videovervaardiger) en die sanger-skrywer Chris Chameleon het saam die moeilike tog aangepak.

As jy meer wil weet oor hoe die fondse aangewend word en hoe dit werk, volg dié skakel: https://bit.ly/30pjulI

Voltooi onderstaande vorm om dokumentêr te kyk.